Grace Bedieninge Nigel

Matthéüs 28:19
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies

Skakel in op ons sosiale media om na ons eredienste te luister op YouTube

Sondag Oggend se Erediens

Wie is ons  image
Wat is ons doel, en wie is ons;

Om Barmhartigheid te betoon

MATTHÉÜS 25:40 ...... "Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen"

Om siele te wen

MATTHÉÜS 28:19 -20  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.   En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. 


Vir elke gemeente lid om geestelik te groei in Christus

Grace Bedieninge fokus op die Woord van God, waarin Christene aangemoedig word om dissipels te word en ander te doop in die naam van die Drie-Enige God. 
Deur geestelike te groei en te ontwikkel, streef ons daarna om elke individu toe te rus en te bemagtig om 'n volwasse Christene te word, met 'n diepe passie vir God se Woord, en 'n vrywillige verantwoordelikheid om Sy opdragte uit te voer.


Welkom aan voornemende lidmate.

Ons glo dat mense deur God by ‘n gemeente gevoeg word. Net soos mense vir God ook belangrik is, is mense vir ons by Grace Bedieninge ook belangrik.

Ons bediening is waar daar na mense se behoeftes omgesien word, in terme van 'n geestelike groei in jou persoonlike lewe.
Ons sien daarna uit om u hartlik te verwelkom en vertrou dat jy jou geloofsreis saam met ons sal geniet.

Enige nuwe lidmaat wat besluit om by ons gemeente aan te sluit kan op die volgende wyses te werk gaan om die nuwe lidmaatvorm te bekom en te voltooi, en in te handig:

Druk die skakel onder en ons sal elektronies vir u die vorm aan stuur, of kry by  die kerkkantoor ‘n  vorm.
Vorms is ook beskikbaar by on kantoor.
Die kerkkantoor sal na ontvangs van die u vorm met u persoonlik in kontak verkeer.

*
*
*
Lidmate Inligting

Ons glo dat mense deur God by ‘n gemeente bygevoeg word. Net soos mense vir God ook belangrik is, is u as lidmate ook vir ons by Grace Bedieninge belangrik.

Druk die skakel onder en ons sal elektronies u inligting ontvang.

Lidmaatskap vorms is ook Sondae na afloop van die erediens beskikbaar.
Die kerk admin sal na ontvangs van u elektroniese vorm, u inligting op ons databasis aanpas.

*
*
*
*
*
MARKUS 11:22-25

Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.
Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur  hy sal verkry net wat hy sê.
Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry. En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.

Alle gebeds versoeke wat ontvang word is streng vertroulik.
*
*
*
*

You've already responded.

You can submit this form only once.
*
*
*
  • 66 Republiek straat, Noycedale, Nigel, Gauteng Suid Afrika