Welkom aan voornemende lidmate.
Ons glo dat mense deur God by ‘n gemeente gevoeg word. Net soos mense vir God ook belangrik is, is mense vir ons by Grace Bedieninge ook belangrik.
Ons bediening is waar daar na mense se behoeftes omgesien word, in terme van 'n geestelike groei in jou persoonlike lewe.
Ons sien daarna uit om u hartlik te verwelkom en vertrou dat jy jou geloofsreis saam met ons sal geniet.
Enige nuwe lidmaat wat besluit om by ons gemeente aan te sluit kan op die volgende wyses te werk gaan om die nuwe lidmaatvorm te bekom en te voltooi, en in te handig:
Druk die skakel onder en ons sal elektronies vir u die vorm aan stuur, of kry by die kerkkantoor ‘n vorm.
Vorms is ook beskikbaar by on kantoor.
Die kerkkantoor sal na ontvangs van die u vorm met u persoonlik in kontak verkeer.