Mannekamp en Vrouekampe

Die doel om mense te evangeliseer met die Goeie Boodskap van verlossing, geregtigheid en ‘n hoopvolle toekoms wat in Christus Jesus gevind word. 

Ons visie is om mense vir ‘n naweek uit hulle omgewing weg te vat, hulle by die Here uit te kry, toe te rus, te motiveer en hulle dan terug te stuur , na hulle eie  huise,  hulle gesinne, en familie om daar ‘n verskil vir Jesus te gaan maak. 

Dit gaan nie oor die kampe nie, maar om mense vir Jesus te wen en verhoudings te herstel. 

Die klem vir die naweek val op verhouding met Jesus en vergifnis, mense kry ook die geleentheid om in die rustige natuur tyd te maak vir hulself. 

Die atmosfeer is baie ontspanne en daar word ook baie gelag en sommer net mekaar geniet. 

Die Kampe is uiters suksesvol met heelwat getuienisse wat ontvang word van verhoudings tussen egpare, ouers en kinders, en mense en hul Skepper wat herstel is, asook van mense wat ‘n verskil maak in hulle gemeenskap en met nuwe ywer en hoop hulle loopbane aanpak.