Ons is diep bewus daarvan dat die primêre plek waar geloof gevorm word is by die huisgesin.
Dit is ’n duidelike opdrag wat ons lees in die Bybel.
JOSUA 24:14-15
"Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid, ... maar ek en my huis, ons sal die HERE dien".
“Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly.
Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.”
Ons fokus daarop om huisgesinne geestelik te bevorder deur geloofsgewoontes aan te leer.
Elke Vrydag aand is daar 'n jeugbyeenkoms by Grace Bedieninge Nigel, vir meer inligting kontak ons kantoor vir enige navraag.